sagtevrugteplant-
verbeteringsvereniging

Die Departement van Landbou het in 1954 die fisiese en genetiese status van plantmateriaal geïdentifiseer as die belangrikste faktore om by te dra tot die verhoging van landbouproduksie in Suid-Afrika. In 1964 is die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsvereniging op die been gebring om spesifiek aandag te gee aan hierdie aspekte van plantmateriaal vir die wingerd- en sagtevrugtebedrywe. Die destydse Departement van Landbou se kwarantynfasiliteit in Stellenbosch het aanvanklik die sagtevrugte en wingerd variëteite (waarvan baie vandag nog gebruik word) gesellekteer en getoets om virusvrye klone te identifiseer en beskikbaar te stel aan die bedryf.

Die Suid-Afrikaanse Plantverbeteringsorganisasie (SAPO) is in 1974 deur die Sagtevrugte-, Inmaakvrugte- en Droëvrugte Rade gestig met die doel om verbeterde plantmateriaal aan die industrie te voorsien. Die Sagtevrugtebedryf het vinnig uitgebrei en daar is ook twee onafhanklike Plantverbeteringsorganisasies geregistreer - TopFruit in 1983 en Stargrow in 1992. Intussen het die Departement van Landbou in 1988 besluit dat hulle nie meer alleen verantwoordelikheid vir die bestuur van plantverbetering kon neem nie. Na aanleiding hiervan is die Sagtevrugteplantsertifiseringskema in 1993 onder die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet nr. 53 van 1976) afgekondig.

Die Skema is nie verpligtend nie en deelname deur enige organisasie wat plantmateriaal teel, invoer of vermeerder, enige kweker of enige produsenteliggaam is geheel en al vrywillig. Die groter meerderheid van teelprogramme word wel deur die geregistreerde Plantverbeteringsorganisasies bestuur en die meeste boomkwekers is lede van die Sagtevrugteplantsertifiseringskema. Die Inspeksiedienste van die Nasionale Departement van Landbou (NDL) is ten volle verantwoordelik vir alle materiaal wat nie binne die Skema gesertifiseer is nie. Die NDL Inspekteurs moet alle ongesertifiseerde bome inspekteer om seker te maak dat daar wel aan die minimum fisiese- en fitosanitêre standaarde van die Wet voldoen word. Hulle is ook verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die bome tipe-eg is. Die NDL Inspekteurs is die enigste gesag wat amptelik verkope van bome wat nie aan die standaarde voldoen nie kan verbied.

Om die maksimum gebruik van gesertifiseerde sagtevrugtevoortplantingsmateriaal deur alle sektore van die sagtevrugtebedryf te bevorder.
Om die bevoegdhede, die verrigting van werksaamhede en uitvoering van die pligte wat kragtens die Sagtevrugteplantsertifiseringskema, ingevolge die Plantverbeteringswet, 1976, (Wet nr. 53 van 1976) aan die Uitvoerende Raad as gesag verleen, toegewys of opgedra is, uit te oefen.
LID VERTEENWOORDIG
Mnr Hugh Campbell Onafhanklik (Voorsitter)
Mnr Ferdie Ungerer SKV (Kernvrugte)
Mnr Wim van Rijswijk SKV (Steenvrugte)
Mnr Jacques Jordaan IPV (Inmaakvrugte Produsente Vereniging)
Me Angelique Pretorius Hortgro Pome
Mnr Nicholas Dicey Hortgro Pome
Mnr Charl stander Hortgro Stone
Mnr André Smit Hortgro Stone
Mnr Marthinus Gresse Sapo Plant
Mnr Michiel Prins Stargrow
Mnr Stuart Amos Topfruit
Prof Wiehann Steyn Hortgro (Gekoöpteer)
Mnr Nolan Africander NDL (Gekoöpteer)
Me Ashika Kistnasamy NDL (Gekoöpteer)
Me Rachel Kriel Sekretaris
LID VERTEENWOORDIG
Prof Wiehann Steyn Hortgro Science (Voorsitter)
Mnr Marthinus Gresse SAPO Plant
Mnr Michiel Prins Stargrow
Mnr Stuart Amos Topfruit
Mnr Christo Stemmet Sagtevrugtekwekersvereniging (SKV)
Me Lolita Frazenburg NDL - Diagnostiese Dienste
Mnr Phillip du Toit NDL - Inspeksiedienste
Dr Gerhard Pietersen Kundiges Koöpteer
Mnr Charl Stander Kundiges Koöpteer
Prof Karen Theron Kundiges Koöpteer
Me Rachel Kriel Sekretaris

HORTGRO POME

"Inspiring inclusive growth"

Nicholas Dicey
www.hortgro.co.za/saappa
021 870 2900
ndicey@laplaisante.co.za

HORTGRO STONE

"Inspiring inclusive growth"

André Smit
www.hortgro.co.za/saspa
021 870 2900
andre@fruitec.co.za

IPV

"Inmaak Produsente Vereniging"

Jacques Jordaan
www.canningfruit.co.za
021 872 1401
jacques@cfpa.co.za

SAPO Plant (Pty) Ltd

“Cultivating future growth”

Elsa Muller
www.saplant.co.za
021 887 6823
elsa@saplant.co.za

STARGROW

"Developer of new varieties"

Michiel Prins
www.stargrow.co.za
021 880 1882
michiel@stargrow.co.za

TOPFRUIT

"International leaders in cultivar management"

Stuart Amos
www.topfruit.co.za
021 874 1033
stuarta@topfruit.co.za

DIE SAGTEVRUGTEKWEKERSVERENIGING

Lede is geregistreerde kwekerye van die Sagtevrugteplantsertifiseringskema soos afgekondig ingevolge die Plantverbeteringswet, 1976 (Wet No. 53 van 1976). Die SKV verteenwoordig lede en lewer insette aan werksgroepe, komitees en die Raad van die SPV.

Wim van Rijswijk VOORSITTER
023 316 1355
wim@rosenhofnursery.co.za